Hierdie vraag is vals en self-teenstrydig. Laat ek dit verduidelik. As ons sou sê – ter wille van die argument – dat iemand Allaah geskep het, dan sou mens jou vra, Wie het die skepper van die Skepper geskep?Wie het dan die skepper van die skepper van die skepper geskep?! En so aan, ad infinitum. Dit is irrasioneel en onmoontlik. Die hele skepping gaan terug na die Skepper wat alle dinge geskep het. Niemand het Hom geskep nie; Hy het alles anders as Hyself geskep. Dit is wat sin maak en logies is.Hierdie Skepper is Allaah, mag Hy verheerlik en verhef word. Met betrekking tot wat ons godsdiens vir ons sê, het die profeet (vrede en seëninge van Allaah op hom) ons vertel van hierdie vraag, waar dit vandaan kom, en hoe om daarop te reageer. Een van die profeet Mohammed metgeselle het hom gevra: Mense sal aanhou vrae vra totdat iemand sal sê: 'Allaah het die heelal geskep, maar wie het Allaah geskep?' Profeet Muhamed het geantwoord: Wie ook al so iets teëkom, laat hom sê: Ek glo in Allaah.’”
Hy het ook gesê: “Die Shaytaan sal na een van julle kom en sê: ‘Wie het die hemel geskep? Wie het die aarde geskep?’ Hy sal sê: ‘Allah’” – Dan sal hom vra wat Allah geskep het, so wanneer hierdie vraag na jou toe kom, sê jy ek glo in Allah en sy boodskapper.